Chris en Lané
Die Boshoff Troue
By Belair Pavilion in Paarl
--- Dae
-- Ure
-- Minute
-- Sekondes

Ons Storie

Hoe ons ontmoet het

Ons storie het in die Desember vakansie van 2020 begin. Ons was albei 18, vars uit die skool en opgewonde om ons matriekjaar af te sluit met Plett Rage. Op hierdie stadium was ons nog onbewus van mekaar. Soos met soveel planne daardie jaar, het Covid-19 veroorsaak dat ons albei se Plett Rage planne platgeval het.

Al was ons ver van mekaar af, die een in die Weskaap en die ander een in Noordwes, het die lockdown ons paaie op 'n onverwagse manier laat kruis – deur 'n aanlyn speletjie!
"Christiaan was natuurlik baie goed daarmee, en ek was baie beïndruk. Hy het my nommer in die hande gekry en planne begin maak om by my te kom kuier."

In Februarie 2021 het ons uiteindelik die kans gekry om in lewende lywe te ontmoet. "Ek het saam met my gesin vir 'n vakansie Kaap toe gekom en was baie opgewonde om Lané te sien!"
Ons het vir ons eerste date sommer net 'n ver ent gaan stap op die strand. Na daardie eerste ontmoeting was daar geen omdraaikans nie, die koeël was deur die kerk! "Ek het 'n geleentheid aangegryp om op 'n plaas te gaan werk in Napier om nader aan Lané te wees. Die jaar daarna was ons altwee saam op Stellenbosch."

Wanneer ons vandag terugkyk, sien ons God se hand in elke liewe detail.
Wat ons destyds nie geweet het nie, was dat ons onderskeie vriende waarmee ons Plett Rage toe sou gaan, mekaar reeds geken het. Hulle het beplan om ons daardie vakansie aan mekaar voor te stel. Al het Covid ons eerste ontmoeting in die wiele gery, was ons bestem vir mekaar en het ons paaie gou weer by mekaar uitgekom!!

Chris en Lané

Program

Seremonie
15:00 Seremonie
Cocktails
16:00 Canapés
Onthaal
18:00 Onthaal
Koek
20:00 Koek sny
Dans
21:00 Dans