01 — AANTREK KODE
Klere drag vir die vrouens
Dra asseblief formele drag in een van die volgende kleure
Klere drag vir die mans
Black tie formele drag. Indien 'n swart baadjie nie beskikbaar is nie, sal 'n swart broek, wit hemp en swart das ook gepas wees.
02 — VERBLYF
Akkomodasie
Belair Pavilion lê tussen die wingerde net buite Paarl. Ons het 'n paar aanbevelings vir naby verblyf – boek asseblief vroeg, dit is besige seisoen.
18 on Lourve Guesthouse
Vanaf R1200 per nag
'n Lieflike selfsorg-gastehuis in 'n woonbuurt. Dit het 'n moderne, huislike gevoel met 'n swembad en kuier-areas.
Boek NouAuberge de Courtrai
Vanaf R1250 per nag
'n Stylvolle gastehuis met 'n effense wynland- en Afrika-tema. Dis in 'n pragtige woonbuurt teen die berg en het 'n lekker ontspanne "country hotel" atmosfeer.
Boek NouDe Wingerd Wijnland Lodge
Vanaf R1100 per nag
Hierdie lodge grens letterlik aan die wingerde van die Paarlberg Natuurreservaat. Jy kyk direk oor die vallei en dit het 'n warm, rustige plaasgevoel.
Boek NouHouse on Plein
Vanaf R749 per nag
'n Ou Victoriaanse huis in die middel van die dorp. Dit is 'n bekostigbare en veilige slaapplek as julle meer tyd by die troue as in jul kamer gaan spandeer (party kamers deel badkamers).
Boek Nou±15 min ry
Perle-Du-Cap
Vanaf R2500 per nag
'n Baie luukse 4.9-ster gastehuis weggesteek in die berge. Dit het 'n pragtige uitsig en swembaddens
Boek Nou03 — GESKENKE
Trou geskenke
Julle teenwoordigheid is werklik vir ons die grootste geskenk. Indien julle graag vir ons iets wil gee, of wil bydra tot ons wittebrood fonds, kan julle die bank besonderhede hieronder gebruik. Daar sal ook 'n mandjie wees by die onthaal vir koevertjies.
Bank Besonderhede
Naam: CC Boshoff
Bank: Standard Bank
Branch code: 003445
Account nommer: 10116030893
04 — VRAE
Nog vrae?
Stuur asseblief 'n WhatsApp aan Lane: 072 326 2174